top of page

Pad na Glorie is waar rugby en romanse ontmoet. Rugbyspelers is geestelik en fisies sterk en gehard. Of is hulle?

'n Huis vir Jannes.png
Jakes se Geheim.png
'n Man soos Pierre.png
Ultimatum vir Ulrich.png
'n Meisie vir Mark.png
'n Kans vir Christopher.png
Daniel se Dilemma.png
Die Raaisel Rondom Ryan.png
Richie en die Rooikop.png
Gelukkige Luke.png
BLOUBERG-REEKS

Die Verspeelde Kanse Reeks speel af voor die Pad na Glorie-reeks. Dit is omtrent 'n proloog van die Pad na Glorie-reeks. Net Een Kans is die verhaal van Nicholas Carter, die eienaar van die Wildehonde, wat toe later die Buffels geword het en Emma Cole, 'n finansiële genie. Die verhaal vertel ook hoe die Buffels sy naam gekry het. 'n Tweede Kans is die verhaal van Carl Becker, voormalige speler en skeidsregter wat die voorspeler-afrigter is by die Wildehonde/Buffels en Sandy, die masseuse van die Buffels. Die derde boek in die trilogie, 'n Laaste Kans, is die verhaal van Damian Cooper, die laaste kaptein van die Wildehonde en die eerste van die Buffels. Hy is ook die man wat Buffels sy naam gegee het.

Net een kans_Francine Beaton.png
'n Tweede Kans_FrancineBeaton.png
'n Laaste Kans.png

Met die Hottentotsberge as agtergrond, in die hart van Suid-Afrika se Wynlande, lê die twee wynplase Blouberg en Tweekop. Jare gelede het die Sinclair van Tweekop en die Walkers van Blouberg  'n groot verlies gelei toe Duncan Sinclair en Nina Walker in die brand omgekom het wat ook Blouberg vernietig het. Twee jaar later het Anna Sinclair en Marc Walker die twee families wat wat beste vriende en bure wag, verenig het met hul troue.

Blou Somer1_Francine Beaton.png
'n Stukkie Blou Hemel_FrancineBeaton.png
Klein Bietjie Blou_FrancineBeaton.png
Onverwagse Blou.png
Blou Vonk van die Liefde.png
Vasgevang in Blou.png
BookBrushImage3D-FrontFacingPaperbackCoverReveal-Bottom.png
Getrou aan Blou.png
Die Meisie in die Blou Rok.png

Die Groenbosbaai-reeks het in Engels verskyn as die Taste for Love Series. Al wat egter oorgebly het is die basiese storielyn van die oorspronklike reeks. Karakters het nuwe Suid-Afrikaanse name en vanne gekry, en die reeks het verskuif vanaf Edinburgh in Skotland na Groenbosbaai in Suid-Afrika. SomersonKersfees het in Engels verskyn as The Ray of Hope. Kolwyntjies vir die Liefde was die derde boek in die reeks en het verskyn as Taste for Cupcakes. Taste for Coffee word Kinkels en Koffie en Taste for Wine word Soeter as Wyn. Die enigste karakter wat nog oorgebly het van die reeks en wie se naam nie verander het nie, is die Argentyn, Santiago Figueras in Taste for Wine. Groenbosbaai is my eie denkbeeldige dorp naby Knysna aan die Tuinroete. Partymaal is dit lekker om jou eie plek te skep want jy kan dit so mooi, of lelik maak, soos jy daarvan hou. Vir my is Groenbosbaai 'n mooi dorp, met elemente van Graaff-Reinet, Stellenbosch en nog so 'n paar Wes-Kaapse plekkies tussen-in.

Kolwyntjies vir die Liefde Bonus Epiloog.png
Somerson Kersfees.png
Kinkels en Koffie1.png
Soeter as Wyn.png
Sjokolade Soentjies.png

Die Op die Kantlyn-reeks is 'n splinterreeks van die Pad na Glorie-reeks. Julle ken mos die storie van altyd die strooimeisie maar nooit die bruid? Dis omtrent so 'n reeks, van al daardie karakters wat in die Pad na Glorie-reeks verskyn as bykarakters, soos Jesse, Angie in Jakes se Geheim se tweelingbroer. Sy boek gaan volgende verskyn. Hulle het almal so gekerm dat ek uiteindelik besluit het om vir hulle ook stories te skryf. Niel Mackay is byvoorbeeld Sarah MacKay (Richie en die Rooikop), se ouer broer. Hy is ook goeie vriende met Daniel Cooper (Daniel se Dilemma). 

Keuses van Gister.png
Kans vir Liefde_Francine Beaton.png
bottom of page