'n Kortstondige verhouding net voor Kersfees was veronderstel om meer as net dit te wees. Dit was wat Nathan Sinclair vir Meghan Carstens belowe het en sy het hom geglo. Sy moes geweet het dat dit 'n leuen was en dat Nathan nie veel anders is as al die ander skobbejakke voor hom nie. Toe hulle 'n paar maande later weer ontmoet, het Meghan aanvaar dat dit verby was. Nathan het haar geïgnoreer asof die paar dae wat hulle saam op Tweekop spandeer het, nooit gebeur het nie. Meghan het dieselfde gedoen, al het dit seergemaak.

Meghan was deel van 'n bedryf wat Nathan gehaat het. Behalwe sy ma en  suster, het hy enigiemand wat deel daarvan was, soos die pes vermy.   Hoekom voel hy dan hierdie magnetiese aantrekkingskrag vir die verleidelike ontwerper?

Wanneer die waarheid eindelik uitkom, sal Meghan vir Nathan kan vergewe en hom nog ‘n kans gee?

WHAT PEOPLE SAY

"Heerlike boek om te lees.

 

Eerste van Francine Beaton in Afrikaans.

 

Die verhaal van Meghan en Nathan se hartseer verhaal het my diep geraak, en eindelik na baie misverstande en ongelukkigheid saam te wees.

 

Wat n gelukkige einde. Hou so aan Francine Beaton!”

  • Facebook Social Icon
  • Twitter Social Icon
  • Instagram Social Icon
  • Blogger Social Icon
  • 2162633
  • goodreads-icon
  • Pinterest Social Icon
  • Amazon Social Icon

© 2020 by francinebeaton. All Rights Reserved.