top of page

DIE BLOUBERG-REEKS

Blou Somer1_Francine Beaton.png

BLOU SOMER

'n Kortstondige verhouding net voor Kersfees was veronderstel om meer as net dit te wees.

Dit was wat Nathan Sinclair vir Meghan Carstens belowe het en sy het hom geglo. Sy moes geweet het dat dit 'n leuen was en dat Nathan nie veel anders is as al die ander skobbejakke voor hom nie. Toe hulle 'n paar maande later weer ontmoet, het Meghan aanvaar dat dit verby was. Nathan het haar geïgnoreer asof die paar dae wat hulle saam op Tweekop spandeer het, nooit gebeur het nie. Meghan het dieselfde gedoen, al het dit seergemaak.

Meghan was deel van 'n bedryf wat Nathan gehaat het. Behalwe sy ma en  suster, het hy enigiemand wat deel daarvan was, soos die pes vermy.   Hoekom voel hy dan hierdie magnetiese aantrekkingskrag vir die verleidelike ontwerper?

Wanneer die waarheid eindelik uitkom, sal Meghan vir Nathan kan vergewe en hom nog ‘n kans gee?

'n Stukkie Blou Hemel_FrancineBeaton.png

'N STUKKIE BLOU HEMEL

Hulle mag dalk stiefbroer– en suster wees, maar daar was geen liefde tussen Marcus Walker en Annie Sinclair nie.

Marcus het deeglik daarvan seker gemaak. Hy het sedertdien die prys daarvoor betaal.

Annie het vyf jaar in self-opgelegde ballingskap in New York gebly. Toe haar huwelik eindig, keer  Annie en haar dogter terug na Blouberg om weer heel te word.

Om Annie vir die eerste keer sedert haar troue te sien, was ʼn skok vir Marcus. Hy het net begin om weer die stukkies van sy lewe op te tel en was nog nie gereed om Annie te sien nie.

Vir twee jaar het Marcus in die agtergrond gebly en  gekyk hoe Annie weer heel word. Toe dit gebeur, was Marcus daar. Was Annie gereed of het Marcus sy tweede kans verloor om hul stukkie blou hemel op Blouberg te vind?

Klein Bietjie Blou_FrancineBeaton.png

KLEIN BIETJIE BLOU

Adam Walker voel soos ʼn vreemdeling in sy gesin en dit is alles sy eie skuld.

Vir jare verberg hy al ʼn geheim van sy hegte gesin. Hoe kan Adam hulle in sy vertroue neem as sy geheime plesiertjies sy familie uitmekaar kan skeur?

Nicola Evans arriveer op Blouberg as die nuwe bemarkings- en funksiekoördineerder met haar eie geheimpies maar tog kry die vrou met die bosgroen oë reg wat niemand nog vantevore kon doen nie. Sy slaag daarin om die muur wat Adam om hom gebou het af te breek. Nicky is ʼn versoeking wat Adam nie kan weerstaan nie.

Geheime kan nie vir altyd verborge bly nie. Die waarheid seëvier altyd. Nicky moet ʼn keuse maak wanneer Adam die grootste struikelblok van sy lewe moet trotseer: Bly sy om hom te help of vlug sy met haar geheim nog veilig?

Kan Nicky die kans waag om Adam te help om vir eens en altyd los te breek van die kettings wat  hom aan sy verlede vashou?

BookBrushImage3D-FrontFacingPaperbackCoverReveal-Bottom.png
Blou Vonk van die Liefde.png
Onverwagse Blou.png
Getrou aan Blou.png
Vasgevang in Blou.png
Die Meisie in die Blou Rok.png
bottom of page