Klein Bietjie Blou.png

Klein Bietjie Blou ('n Blouberg Novelle #3)
Genre: M/F Volwassse Romanse
ASIN:  B07R1QKLD3

Adam Walker voel soos ʼn vreemdeling in sy gesin en dit is alles sy eie skuld. Vir jare verberg hy al ʼn geheim van sy hegte gesin. Hoe kan Adam hulle in sy vertroue neem as sy geheime plesiertjies sy familie uitmekaar kan skeur?

Nicola Evans arriveer op Blouberg as die nuwe bemarkings- en funksiekoördineerder. Sy het haar eie geheimpies maar tog kry die vrou met die elfiehaarstyl en bosgroen oë dit reg wat niemand nog vantevore kon doen nie. Sy slaag daarin om die muur wat Adam om hom gebou het af te breek. Nicky is ʼn versoeking wat Adam nie kan weerstaan nie.

Geheime kan nie vir altyd verborge bly nie. Die waarheid seëvier altyd. Nicky moet ʼn keuse maak wanneer Adam die grootste struikelblok van sy lewe moet trotseer: Bly sy om

hom te help of vlug sy met haar geheim nog veilig?

Kan Nicky die kans waag om Adam te help om vir eens en altyd los te breek van die kettings wat hom aan sy verlede vashou?

73e86c9c58c8e3fce7a338327e54b0a5.png
60b4eda6d74d9575058594f5dd714c2d.png
ea1a7b1c9d2a429b1fd08b7fa58ac5f8.jpg
goodreads-icon.png
2162633.png
b2r-logo-white (1).jpg

WHAT PEOPLE SAY

"Heerlike boek om te lees.

 

Eerste van Francine Beaton in Afrikaans.

 

Die verhaal van Meghan en Nathan se hartseer verhaal het my diep geraak, en eindelik na baie misverstande en ongelukkigheid saam te wees.

 

Wat n gelukkige einde. Hou so aan Francine Beaton!”