'n Man soos Pierre.jpeg

Landie Schoeman keer terug van Amerika met meer as net ‘n enkelbesering. Dié herstel vinniger as die pyn en vernedering wat haar dansmaat haar besorg het. Sy is beslis nie gereed vir ‘n nuwe verhouding nie, en beslis nie vir ‘n man soos Pierre Basson wat so blatant sy vrou verneuk nie.

Pierre kan nie verstaan hoekom die aanvallige ballerina met die fyn sproetjies oor haar neus, niks van hom hou nie. Hy sal alles in sy vermoë doen om Landie te oortuig om hom ‘n kans te gee – selfs met sy nommer 12 rugbystewels ballet saam met haar doen as dit is wat dit gaan verg.

Wanneer Landie uitvind dat sy haar heeltemal met Pierre misgis het, sal sy haar hart oopmaak vir die groot rugbyspeler met die klein hartjie?

Kry die e-boek
06E29613-8AC7-43C1-9699-2C91974401E7_4_5
Kry die gedrukte boek (Suid-Afrika)
ROSA Final Button 200x200 (1).png
29AF7466-6046-4BE5-BB4D-54F10285E9D2_1_2
Voeg dit by:
icons8-goodreads-50_edited_edited.png