Een kans. Een besluit. Dis op sy gewete.
Nicholas Carter, die jong multi-miljoenêr, is eienaar van die Wildehonde Rugbyklub. Die geheim tot sy sukses is eenvoudig: hou jou privaatlewe en jou besigheid lewe apart. Emma Cole toets egter sy weerstand tot die uiterste. Sy nuwe rekenmeester is nie sy tipe nie, maar tog het sy die vermoë om Nicholas kop te laat verloor.
Bleeksiele lyk beslis nie soos Nicholas Carter nie. Emma is oortuig dat hulle definitief ook nie soos hy soen nie. Niemand kan haar dus kwalik neem dat sy tot in haar tone geskok is om uit te vind dat die man met die mooiste groen oë wat haar bene lam op die trap gesoen het, haar nuwe baas is nie.
Nie een van hulle kan die aantrekkingskrag tussen hulle verstaan nie maar beide weet dat dit heelwat reperkussies tot gevolg kan hê as hulle wel daartoe toegee. Waarskuwings help nie want gedurende ‘n sakebesoek swig hul voor die versoeking.
Terug in Pretoria kruip die realiteit in hul verhouding in en moet Nicholas ‘n besluit neem. Sal hy die gevolge daarvan dra?
Hy weet, met Emma het hy net een kans om dinge reg te maak.