Die Groenbosbaai-reeks het in Engels verskyn as die Taste for Love Series. Al wat egter oorgebly het is die basiese storielyn van die oorspronklike reeks. Karakters het nuwe Suid-Afrikaanse name en vanne gekry, en die reeks het verskuif vanaf Edinburgh in Skotland na Groenbosbaai in Suid-Afrika. SomersonKersfees het in Engels verskyn as The Ray of Hope. Kolwyntjies vir die Liefde was die derde boek in die reeks en het verskyn as Taste for Cupcakes. Taste for Coffee word Kinkels en Koffie en Taste for Wine word Soeter as Wyn. Die enigste karakter wat nog oorgebly het van die reeks en wie se naam nie verander het nie, is die Argentyn, Santiago Figueras in Taste for Wine. Groenbosbaai is my eie denkbeeldige dorp naby Knysna aan die Tuinroete. Partymaal is dit lekker om jou eie plek te skep want jy kan dit so mooi, of lelik maak, soos jy daarvan hou. Vir my is Groenbosbaai 'n mooi dorp, met elemente van Graaff-Reinet, Stellenbosch en nog so 'n paar Wes-Kaapse plekkies tussen-in.

Die pad na Paul se hart is deur sy maag…​
​Die pad na Maryke s’n mag dalk net deur sy kombuis loop...

Maryke Carstens keer terug na Suid-Afrika met ‘n droom op een dag haar eie konwyntjiewinkel oop te maak. Sy weet dit gaan harde werk verg en dalk ‘n tydjie neem, maar sy gee nie om bietjie te wag om haar droom te vervul nie. Sy sal beslis nie dat ‘n ongeskikte buffel, wat haar van dinge beskuldig waarvan sy nie eens sal droom nie, haar droom kelder nie.

Toe Paul Massyn besef dat hy die kat aan die stert beet gehad het, probeer hy dinge herstel maar Maryke is ‘n hardkoppige rooikop. Hy moet hard werk om haar vertroue en vriendskap te wen. Wat moet hy doen om haar hart te wen?

Paul het dalk ‘n troefkaart. Wat is daardie spreekwoord nou weer?

Die pad na ‘n man se hart is deur sy maag.

Die pad na hare man dalk net deur sy kombuis loop.

Wat jy in die vuur verloor, sal jy in die as vind

Stuart Mackenzie het ‘n missie om die wêreld te red, een brand op ‘n slag. Toe hy in Groenbosbaai arriveer, ‘n kusdorp op die Tuinroete, het hy nie besef hoe waar daardie stelling is nie. Die Skot het al die jare sy lewe toegewy aan die Internasionale Brandweer Reddingspan. Hy het nie tyd vir liefde of verhoudings nie.

 

Een toevallige ontmoeting met die plaaslike dokter het meer gevolge as wat Stuart ooit van kon droom. Dit herinner hom aan dinge wat hy gedink het hy het in die as van die verlede begrawe.

Hayley Evans het opgehou glo aan die liefde toe sy haar man aan kanker moes afstaan. Sy wil nie weer deur dieselfde hartseer gaan nie. Sy het haarself eerder in haar studies en werk begrawe. Haar terugkeer na Groenbosbaai om by die familie se mediese praktyk aan te sluit, maak dat Hayley weer haarself vind, en kry sy die vrede wat sy so bitter nodig gehad het.

Kan Stuart en Hayley se ontmoeting vir hulle meer bring as net ‘n sprankie hoop?

  • Facebook Social Icon
  • Twitter Social Icon
  • Instagram Social Icon
  • Blogger Social Icon
  • 2162633
  • goodreads-icon
  • Pinterest Social Icon
  • Amazon Social Icon

© 2020 by francinebeaton. All Rights Reserved.