Spyt kom altyd te laat...
As ‘n jong en hardkoppige twee-en-twintig-jarige het Niel MacKay ‘n besluit geneem wat hy nog altyd berou het. Al het hy selfs toe geweet dit is ‘n fout, was hy te trots, en nog meer verleë, om te erken dis ‘n fout. Toe hy uiteindelik tot sy sinne kom, is dit te laat.
Die verlede het ‘n nare manier om jou in te haal. Toe hy terugkeer na Suid-Afrika besef Niel dat die keuse wat hy destyds gemaak het, meer gevolge het as wat selfs hy gedink het.
Net soos Niel het Jess geweet dis ‘n dom besluit om hom te laat gaan. Sy was egter te trots om hom te keer voor hy by die deur uitstap. Sy wou gehad het hy moet haar kies, of haar ten minste net ‘n keuse gegee het, maar toe hy dit nie gedoen het nie, het sy hom laat gaan.
Sal Niel hierdie keer ‘n beter besluit neem om sy verhouding met Jess te herstel?