Kinkels en Koffie_Francine Beaton.png

Moet nooit ‘n man vertrou wat nie van koffie hou nie

Kristie Basson moes na haar oupa se raad geluister en nie toegelaat het dat die jong biljoenêr Ernst Jonker onder haar vel inkruip nie. Kristie gaan nie net terugstaan en Joe se Koffiewinkel afstaan sonder ‘n baklei nie. Joe’s is haar trots en vreugde. Dis al wat sy oor het.

Ernst Jonker erf Christine Hof, ‘n gebou in Groenbosbaai se hoofstraat en ‘n hardkoppige huurder wat weier om te trek. Kristie het ‘n onbetwisbare kontrak, maar Ernst is so gewoond daaraan om te wen dat hy seker is hy kan Kristie oortuig om te trek.

Ernst kry egter meer as wat hy beplan het en val hard vir die blonde barista. Hy weet egter reg van die begin af dat as hy ‘n baie wantrouige Kristie wil oortuig van sy groeiende liefde, hy ‘n groot gebaar gaan nodig hê.

Geheime veroorsaak misverstande. ‘n Eks wat Ernst boonop wil terughê en ‘n gierige werknemer wat Kristie saboteer, maak Ernst se taak soveel moeiliker.

Kom Ernst se groot gebaar te laat om Kristie se hart te wen?