top of page

'n Kortstondige verhouding net voor Kersfees was veronderstel om meer as net dit te wees. Dit was wat Nathan Sinclair vir Meghan Carstens belowe het en sy het hom geglo. Sy moes geweet het dat dit 'n leuen was en dat Nathan nie veel anders is as al die ander skobbejakke voor hom nie. Toe hulle 'n paar maande later weer ontmoet, het Meghan aanvaar dat dit verby was. Nathan het haar geïgnoreer asof die paar dae wat hulle saam op Tweekop spandeer het, nooit gebeur het nie. Meghan het dieselfde gedoen, al het dit seergemaak.

Meghan was deel van 'n bedryf wat Nathan gehaat het. Behalwe sy ma en  suster, het hy enigiemand wat deel daarvan was, soos die pes vermy.   Hoekom voel hy dan hierdie magnetiese aantrekkingskrag vir die verleidelike ontwerper?

Wanneer die waarheid eindelik uitkom, sal Meghan vir Nathan kan vergewe en hom nog ‘n kans gee?

Blou Somer (Blouberg, 1)

SKU: 36523641234523
R150,00Price
  • I'm a product detail. I'm a great place to add more information about your product such as sizing, material, care and cleaning instructions. This is also a great space to write what makes this product special and how your customers can benefit from this item.
bottom of page