top of page

Versoekings kom in baie vorms – solank dit net nie Melissa Roux is nie. Die vurige blondekop met die mooiste paar bene voorspel moeilikheid. Daniel Cooper het dit geweet die oomblik toe sy oog op die nuwe fisioterapteut van die Buffels geval het. As kaptein moet hy ‘n voorbeeld stel en om op Melissa verlief te raak is nou nie juis die manier om dit te doen nie.

Melissa het al die eerste dag geweet dat Daniel ‘n probleem gaan wees. Daar is geen manier wat sy haar loopbaan in die gevaar gaan stel vir ‘n arrogante chauvinis wat haar ‘n dom blondine genoem het nie. Sy het gans en al te hard gewerk om haar droom ‘n realiteit te maak.

Nie een van die twee kan egter die onmiskenbare aantrekkingskrag tussen hulle ontken nie. Daniel rig ‘n eenvoudige versoek maar dit het onverwagte gevolge. In sy soeke na die waarheid, maak hy nog ‘n oordeelsfout wat nie net Melissa se beroep in die gevaar stel nie, maar ook die lojaliteit van die klub en sy span.

Beide Melissa en Daniel moet ‘n keuse maak: Wat is die belangrikste? Hul liefde of hul loopbaan?

Daniel se Dilemma (Pad na Glorie, 4)

SKU: 364115376135191
R200,00Price
Expected to be shipped by end of April 2024
  • I'm a product detail. I'm a great place to add more information about your product such as sizing, material, care and cleaning instructions. This is also a great space to write what makes this product special and how your customers can benefit from this item.
bottom of page