top of page

Adam Walker voel soos ʼn vreemdeling in sy gesin en dit is alles sy eie skuld. Vir jare verberg hy al ʼn geheim van sy hegte gesin. Hoe kan Adam hulle in sy vertroue neem as sy geheime plesiertjies sy familie uitmekaar kan skeur?

Nicola Evans arriveer op Blouberg as die nuwe bemarkings- en funksiekoördineerder met haar eie geheimpies maar tog kry die vrou met die bosgroen oë reg wat niemand nog vantevore kon doen nie. Sy slaag daarin om die muur wat Adam om hom gebou het af te breek. Nicky is ʼn versoeking wat Adam nie kan weerstaan nie.

Geheime kan nie vir altyd verborge bly nie. Die waarheid seëvier altyd. Nicky moet ʼn keuse maak wanneer Adam die grootste struikelblok van sy lewe moet trotseer: Bly sy om hom te help of vlug sy met haar geheim nog veilig?

Kan Nicky die kans waag om Adam te help om vir eens en altyd los te breek van die kettings wat hom aan sy verlede vashou?

Klein Bietjie Blou (Blouberg, 3)

SKU: 632835642834572
R150,00Price
  • I'm a product detail. I'm a great place to add more information about your product such as sizing, material, care and cleaning instructions. This is also a great space to write what makes this product special and how your customers can benefit from this item.
bottom of page