Die Verspeelde Kanse Reeks speel af voor die Pad na Glorie-reeks. Dit is omtrent 'n proloog van die Pad na Glorie-reeks. Net Een Kans is die verhaal van Nicholas Carter, die eienaar van die Wildehonde, wat toe later die Buffels geword het en Emma Cole, 'n finansiële genie. Die verhaal vertel ook hoe die Buffels sy naam gekry het. 'n Tweede Kans is die verhaal van Carl Becker, voormalige speler en skeidsregter wat die voorspeler-afrigter is by die Wildehonde/Buffels en Sandy, die masseuse van die Buffels. Die derde boek in die trilogie, 'n Laaste Kans, is die verhaal van Damian Cooper, die laaste kaptein van die Wildehonde en die eerste van die Buffels. Hy is ook die man wat Buffels sy naam gegee het.

Een kans. Een besluit. Dis op sy gewete.

Nicholas Carter, die jong multi-miljoenêr, is eienaar van die Wildehonde Rugbyklub. Die geheim tot sy sukses is eenvoudig: hou jou privaatlewe en jou besigheid lewe apart. Emma Cole toets egter sy weerstand tot die uiterste. Sy nuwe rekenmeester is nie sy tipe nie, maar tog het sy die vermoë om Nicholas kop te laat verloor.

Bleeksiele lyk beslis nie soos Nicholas Carter nie. Emma is oortuig dat hulle definitief ook nie soos hy soen nie. Niemand kan haar dus kwalik neem dat sy tot in haar tone geskok is om uit te vind dat die man met die mooiste groen oë wat haar bene lam op die trap gesoen het, haar nuwe baas is nie.

Nie een van hulle kan die aantrekkingskrag tussen hulle verstaan nie maar beide weet dat dit heelwat reperkussies tot gevolg kan hê as hulle wel daartoe toegee. Waarskuwings help nie want gedurende ‘n sakebesoek swig hul voor die versoeking.

Terug in Pretoria kruip die realiteit in hul verhouding in en moet Nicholas ‘n besluit neem. Sal hy die gevolge daarvan dra?

Hy weet, met Emma het hy net een kans om dinge reg te maak.

  • Facebook Social Icon
  • Twitter Social Icon
  • Instagram Social Icon
  • Blogger Social Icon
  • 2162633
  • goodreads-icon
  • Pinterest Social Icon
  • Amazon Social Icon

© 2020 by francinebeaton. All Rights Reserved.