top of page
< Back

'n Huis vir Jannes

Jou huis is waar jou hart is

'n Huis vir Jannes

Jannes Benadé en Estie Krause het ‘n lang geskiedenis; eerste skooldag, eerste soen op Jannes se sestiende verjaarsdag en ’n nuutgevonde verhouding ... wat gekortwiek word deur die verhuising van die Benade’s na Nieu-Seeland.

Hartgebroke bevind Estie haarself swanger na ‘n kortstondige verhouding met ’n student. Haar en Riekert se ouers dring aan op ‘n huwelik. Die sestienjarige bruid gee in, al weet sy dat hul huwelik nie enige kans het op sukses nie.

Jare daarna keer Estie en haar seun, Anrich, terug na Suid-Afrika en skep ‘n nuwe lewe tussen die Jakarandas van Pretoria.


Jannes aanvaar die Wildehonde se aanbod vir ’n rugby-kontrak. Sy verblyfreëlings in Pretoria lê veilig in sy ma se hande. Miskien moes hy van beter geweet het.


Toe Estie die deur vir haar ma se onbekende gas oopmaak, spoel soveel emosies deur die twee eertydse vriende, waaronder vreugde, vrees, pyn en opgewondenheid. Tyd is egter ‘n groot geneser. Die vriendskap hervat maklik, maar Estie bly onseker of sy weer haar hart vir Jannes kan gee.

Jannes is verras toe die All Blacks hom uitnooi na ‘n oefenkamp. Hy is in twee geskeur – moet hy sy hart volg of sy passie najaag?

bottom of page