Kersfees by die Huis
Verlore liefde vind dalk weer 'n tuiste—net betyds vir Kersfees.
Jare gelede het Carinne Malan en Konrad Liebenberg ‘n geheime verhouding aangeknoop. Maar toe Konrad vir sy praktiese opleiding na 'n afgeleë plek gestuur word, dwing omstandighede en leuens hulle uitmekaar. Carinne se lewe verander in ‘n oogwink en sy moet die stukkies van haar lewe alleen optel.
Nou, na ses jaar in Engeland, keer Carinne onwillig terug na Galjoen se Baai. In die rustige dorpie waar alles begin het, word Carinne en Konrad met die waarheid oor wat werklik gebeur het, gekonfronteer. Kan hulle deur die pyn en verlies werk om weer liefde en vreugde te vind?
Hierdie Kersfees mag dalk die laaste kans wees om die gebroke bande te herstel en die liefde wat hulle een keer gedeel het, weer aan te steek."