BESTEL NOU
Jou huis is waar jou hart is
Jannes Benadé en Estie Krause het ‘n lang geskiedenis; eerste skooldag, eerste soen op Jannes se sestiende verjaarsdag en ’n nuutgevonde verhouding ... wat gekortwiek word deur die verhuising van die Benade’s na Nieu-Seeland.
Hartgebroke bevind Estie haarself swanger na ‘n kortstondige verhouding met ’n student. Haar en Riekert se ouers dring aan op ‘n huwelik. Die sestienjarige bruid gee in, al weet sy dat hul huwelik nie enige kans het op sukses nie.
Jare daarna keer Estie en haar seun, Anrich, terug na Suid-Afrika en skep ‘n nuwe lewe tussen die Jakarandas van Pretoria.
Jannes aanvaar die Wildehonde se aanbod vir ’n rugby-kontrak. Sy verblyfreëlings in Pretoria lê veilig in sy ma se hande. Miskien moes hy van beter geweet het.
Toe Estie die deur vir haar ma se onbekende gas oopmaak, spoel soveel emosies deur die twee eertydse vriende, waaronder vreugde, vrees, pyn en opgewondenheid.
Tyd is egter ‘n groot geneser. Die vriendskap hervat maklik, maar Estie bly onseker of sy weer haar hart vir Jannes kan gee.
Jannes is verras toe die All Blacks hom uitnooi na ‘n oefenkamp. Hy is in twee geskeur – moet hy sy hart volg of sy passie najaag?
SAGTEBAND BOEKE (SUID-AFRIKA)
Hou jy van 'n boek in jou hand in plaas van 'n e-boek? Indien jy in enige van my boeke belangstel, gee jy om om die vorm te voltooi sodat ek 'n aanduiding kan kry oor hoeveel boeke ek van die drukker moet bestel? Kliek net op die vorm hieronder, asseblief.
Sign up for Francine's Newsletter
Make sure you're always in the know
and that you never miss a new release.
This site uses cookies to customize your experience and provide web-based marketing. If you continue to use this site, please know that it means you accept these terms.