top of page

OP DIE KANTLYN-REEKS

Keuses van Gister.png

KEUSES VAN GISTER

Spyt kom altyd te laat...

As ‘n jong en hardkoppige twee-en-twintig-jarige het Niel MacKay ‘n besluit geneem wat hy nog altyd berou het. Al het hy destyds besef dis is ‘n fout, was hy te trots, en nog meer verleë, om dit te erken. Toe hy uiteindelik tot sy sinne kom, was dit te laat.

Die verlede het ‘n nare manier om jou in te haal. Toe hy terugkeer na Suid-Afrika besef Niel dat die keuse wat hy destyds gemaak het, meer gevolge gehad het as wat selfs hy gedink het.

Net soos Niel het Jess geweet dis ‘n dom besluit om hom te laat gaan. Sy was egter te trots om hom te keer voor hy by die deur uitstap. Sy wou gehad het hy moet haar kies, of haar ten minste net ‘n keuse gegee het, maar toe hy dit nie gedoen het nie, het sy hom laat gaan.

Sal Niel hierdie keer ‘n beter besluit neem om sy verhouding met Jess te herstel?

Kans vir Liefde_Francine Beaton.png

KANS VIR LIEFDE

Beste vriende moet nie soos Lia Moorcroft lyk nie.

Nog minder moet hulle die gevoelens ontwaak wat Lia nou regkry om te doen. Jesse Summers het dit besef toe die vrou wat hy ken sedert die dae wat sy nog doeke gedra het, na agt jaar skielik in hom vasloop. Dis darem seker nie te veel gevra om net so ‘n rukkie kans te kry om gewoond te raak aan die nuwe Lia nie, is dit?

Dinge werk nooit uit soos jy hoop dit gaan nie. Lia en Jesse vind baie gou uit dat daar geen manier is wat hulle ‘n afstand gaan  kan handhaaf nie, aangesien Lia Jesse se nuwe intern is.

Beide waardeer hul vriendskap en sal enigiets doen om dit nie te skaad nie, al beteken dit ook dat hulle hul groeiende gevoelens vir mekaar moet onderdruk. Maar hoe lank gaan dit neem voor hulle gaan swig?

bottom of page