top of page

VERSPEELDE KANSE TRILOGIE

Net een kans_Francine Beaton.png

NET EEN KANS

Een kans. Een besluit. Dis op sy gewete.

Nicholas Carter, jong multi-miljoenêr, is die trotse eienaarvan die Wildehonde Rugbyklub. Die geheim tot sy sukses is eenvoudig: hou jou privaatlewe en jou besigheidslewe apart. Emma Cole toets egter sy weerstand tot die uiterste. Sy nuwe rekenmeester is glad nie sy tipe nie, maar tog het sy die vermoë om Nicholas kop te laat verloor.

Bleeksiele lyk nie soos Nicholas Carter nie. Emma dink ook nie dat hulle soos hy kan soen nie. Sy het beslis nie verwag dat die man met die mooiste groen oë wat haar bene op die trap lam gesoen het, die einste Nicholas Carter is nie.

Die aantrekkingskrag tussen hulle is sterk maar beide verstaan die reperkussies as hulle daaraan toegee. Tog, tydens ‘n sakebesoek aan Kaapstad, swig hul voor die versoeking.

Terug in Pretoria kruip die realiteit egter in hul verhouding in en moet beide Emma en Nicholas ‘n keuse maak.

Hulle het net een kans. Gaan hulle die regte besluit neem of altyd die gevolge dra?

'n Tweede Kans_FrancineBeaton.png

'N TWEEDE KANS

Liefde en ambisie kan nie saam realiseer nie.

‘n Tweede Kans is  ‘n passievolle verhaal van liefde, opofferings en die najaag van drome. Damian Cooper is nie net toegewyd aan sy rugbyloopbaan nie, maar ook aan die familieplaas en die teelprogramme op Nyathi. Sy lewe is sorgvuldig beplan totdat hy Lynn Marie Brown ontmoet, ‘n ambisieuse prokureur wat haar Meestersgraad in Australië wil behaal.

 

Die konneksie is onmiddellik, intens en onmoontlik om te ignoreer. Damian en Lynn se begeertes bots met hul drome en beide word gedwing om moeilike besluite te neem. Liefde en ambisie kan nie saam realiseer nie.

 

Die noodlot en ’n onverwagte Kupido het maande later ander planne. Die aantrekkingskrag tussen Damian en Lynn is nog net so sterk. Weer ’n keer word hulle geteister met ‘n onmoontlik keuse.

 

 

In hierdie liefdesverhaal delf Francine Beaton in twee siele wat saamgebring en geskei word deur hul eie drome. Gaan Damian en Lynn ‘n manier vind om hul liefde en persoonlike aspirasies te vervleg? Kry die antwoord in ‘n Tweede Kans, ‘n storie van liefde, verlies, en die onteenseglike soeke na liefde.

'n Laaste Kans.png
bottom of page