top of page

GROENBOSBAAI-REEKS

Kolwyntjies vir die Liefde Bonus Epiloog.png

KOLWYNTJIES VIR DIE LIEFDE

Die pad na Paul se hart is deur sy maag …

Die pad na Maryke s’n mag dalk net deur sy kombuis loop ...

Maryke Carstens keer terug na Suid-Afrika met ‘n droom op een dag haar eie kolwyntjiewinkel oop te maak. Sy weet dit gaan harde werk verg en dalk ‘n tydjie neem, maar sy gee nie om bietjie te wag om haar droom te vervul nie. Sy sal beslis nie dat ‘n ongeskikte buffel, wat haar van dinge beskuldig wat sy nie eens aan sal dink nie, haar droom kelder nie.

Toe Paul Massyn besef dat hy die kat aan die stert beet gehad het, probeer hy dinge herstel maar Maryke is ‘n hardkoppige rooikop. Hy moet hard werk om haar vertroue en vriendskap te wen. Wat moet hy doen om haar hart te wen?

Paul het dalk ‘n troefkaart. Wat is daardie spreekwoord nou weer?

Die pad na ‘n man se hart is deur sy maag.

Die pad na hare mag dalk net deur sy kombuis loop.

Somerson Kersfees.png

SOMERSON KERSFEES

Wat jy in die vuur verloor, sal jy in die as vind

Stuart Mackenzie het ‘n missie om die wêreld te red, een brand op ‘n slag. Toe hy in Groenbosbaai arriveer, ‘n kusdorp op die Tuinroete, het hy nie besef hoe waar daardie stelling is nie. Die Skot het al die jare sy lewe toegewy aan die Internasionale Brandweer Reddingspan. Hy het nie tyd vir liefde of verhoudings nie. Een toevallige ontmoeting met die plaaslike dokter het meer gevolge as wat Stuart ooit van kon droom. Dit herinner hom aan dinge wat hy gedink het hy het in die as van die verlede begrawe.

Hayley Evans het opgehou glo aan die liefde toe sy haar man aan kanker moes afstaan. Sy wil nie weer deur dieselfde hartseer gaan nie. Sy het haarself eerder in haar studies en werk begrawe. Haar terugkeer na Groenbosbaai om by die familie se mediese praktyk aan te sluit, maak dat Hayley weer haarself vind, en kry sy die vrede wat sy so bitter nodig gehad het.

Kan Stuart en Hayley se ontmoeting vir hulle meer bring as net ‘n sprankie hoop?

Kinkels en Koffie1.png

KINKELS EN KOFFIE

Moet nooit ‘n man vertrou wat nie van koffie hou nie

Kristie Basson moes na haar oupa se raad geluister en nie toegelaat het dat die jong biljoenêr Ernst Jonker onder haar vel inkruip nie. Kristie gaan nie net terugstaan en Joe se Koffiewinkel afstaan sonder ‘n baklei nie. Joe’s is haar trots en vreugde. Dis al wat sy oor het.

Ernst Jonker erf Christine-hof, ‘n gebou in Groenbosbaai se hoofstraat en ‘n hardkoppige huurder wat weier om te trek. Kristie het ‘n onbetwisbare kontrak, maar Ernst is so gewoond daaraan om te wen dat hy seker is hy kan Kristie oortuig om te trek.

Ernst kry egter meer as wat hy beplan het en val hard vir die blonde barista. Hy weet egter reg van die begin af dat as hy ‘n baie wantrouige Kristie wil oortuig van sy groeiende liefde, hy ‘n groot gebaar gaan nodig hê.

Geheime veroorsaak misverstande. ‘n Eks wat Ernst boonop wil terughê en ‘n gierige werknemer wat Kristie saboteer, maak Ernst se taak soveel moeiliker.

Kom Ernst se groot gebaar te laat om Kristie se hart te wen?

Soeter as Wyn.png

SOETER AS WYN

Die lewe is te kort om slegte wyn te drink

Die Argentynse besigheidsman, Santiago Figueras arriveer in Groenbosbaai om sy vermiste vrou te kom haal. Maar hoekom sal Olivia Holmes hom nou vertrou? Gits, hy het haar drie jaar gelede alleen in ‘n vreemde land gelos sonder ‘n sent geld of selfs ‘n boodskap.

Al wat Olivia nou wil doen is om haar seun te beskerm – ‘n seun wat Santiago nie geweet het hy het nie.

 

Santiago bied Olivia ‘n opsie aan wat sy nie kan weier nie en sy volg hom terug na Argentinië om hul huwelik te probeer red. Olivia besef gou dat Santiago se soene net so verslawend is soos in die verlede maar durf sy dit waag om weer haar hart bloot te stel?

Dis nie maklik om jare se seer en wantroue te vergeet nie en dit dreig om hul uitmekaar te skeur.

Kan Santiago en Olivia se liefde weer wortels skiet tussen die wingerde van Mendoza

Sjokolade Soentjies.png
bottom of page