top of page

ANDER BOEKE

'n Bietjie Hoop_Francine Beaton.png

'N BIETJIE HOOP

Wat moet ’n vrou doen wanneer sy haar beste vriendin en haar kêrel betrap waar hulle seks het op haar antieke tafeltjie – en dit nogal op haar verjaarsdag?

Vind die naaste kroeg in Glasgow om haar sorge te verdrink, natuurlik. Sy sal ook nie nee sê vir 'n stout seun as 'n vroeë Kersgeskenk nie.

Wat Jenna Meyer nie nodig het nie, is om deur die goeie ou gered te word. Of dalk het sy. Hoekom anders sou sy dan die volgende oggend in 'n vreemdeling se bed wakker word – een met 'n aanbod wat net te aanloklik is om te weier?

 

Ben Alexander probeer sy rugbyloopbaan in Skotland herbou, ver weg van die hartseer wat hy op 'n plaas in Afrika agtergelaat het.

Sy naaste familie is egter bekommerd oor hom. Die perfekte oplossing is om Jenna te help, dan sal almal hopelik ophou om aan hom te karring. En, met haar as sy kamma-meisie, kan dit dalk net help om deur hierdie Kersfees te kom. Dis eintlik 'n wen-wen-situasie vir albei van hulle.

Kan twee gebroke mense vreugde in die feesgety vind en dalk 'n bietjie hoop vir die toekoms?

My Liedjie vir Jou2_Francine Beaton.png

MY LIEDJIE VIR JOU

Wat in Vegas gebeur moet in Vegas bly.

Veral wanneer jy op Valentynsdag met die Minnesanger in die huwelik bevestig word — deur ‘n Elvis in blou suede skoene.

Lucie Grimes leer op die harde manier dat ‘n huweliksertifikaat nie noodwendig ‘n ‘vir ewig en altyd’ beteken nie. Sy weier om iemand se fout te wees en vlug terug na Suid-Afrika. Afstand kan egter nie die verlede uitwis nie. Sy vertroetel ’n permanente herinnering van die tyd wat sy met Jackson Lowe spandeer het.

 

Toe sy bruid die oggend na hulle huwelik verdwyn, val Jackson se lewe uitmekaar. Hy kan nie eet of sing of optree nie. Hy stort sy hart uit in die liefdesliedjies, wat hy aan sy vermiste vrou opdra. Dit verminder egter nie sy pyn nie.

Gaan Jackson ooit daarin slaag om Lucie op te spoor? En as hy kan, is daar 'n kans dat hulle deur hul verskille kan werk?

Purr-fekte Kersfees.png

PURR-FEKTE KERSFEES

Vader Kersfees het 'n nuwe helper

Anja Jordaan hou miskien nie van Kersfees nie, maar sy steek dit weg van die mense na aan haar. Die kersversierings, liedjies en feesvieringe grief haar – net soveel soos Heinrich Winterbach. Toe sy boonop uitvind dat Heinrich as besturende direkteur aangestel is na die afsterwe van haar geliefde mentor, Peet Harmse, sak Anja se hart in haar skoene. Die man is ‘n ongeskikte buffel.

 

Na ses jaar in Hong Kong, keer Heinrich terug na Kaapstad met gemengde gevoelens. Peet Harmse het ‘n groot deel van sy lewe uitgemaak, nie net as peetpa nie, maar ook as mentor. Dis groot skoene om vol te staan.

 

Norman, die swart en wit kantoorkat, beraam spesiale planne vir die feesseisoen. Sy teiken is Anja. Norman is vasbeslote om haar houding jeens Kersfees en Heinrich te verander. Mense kan soms so dom wees. Hulle staar hulle blind teen hul eie onsekerhede. Kan Norman iets beredder om die ys om Anja en Heinrich se harte te smelt? 

Purr-fekte Kersfees is ‘n verhaal van tweede kanse, vergifnis en die helende krag van liefde. Kom saam met Norman, Anja en Heinrich op ‘n reis waar die gees van Kersfees nie net weer aangesteek word nie, maar waar ware liefde selfs die hardkoppigste harte kan oorwin.

 

Purr-fekte Kersfees is ’n amusante lees, daarvoor sorg Norman.

Nog ’n produk van ’n skrywer wie se boeke meermale gekroon is as ’n nr 1 Afrikaanse Topverkoper op Amazon

bottom of page