top of page

Een kans. Een besluit. Dis op sy gewete.

Nicholas Carter, jong multi-miljoenêr, is die trotse eienaar van die Wildehonde Rugbyklub. Die geheim tot sy sukses is eenvoudig: hou jou privaatlewe en jou besigheidslewe apart. Emma Cole toets egter sy weerstand tot die uiterste. Sy nuwe rekenmeester is glad nie sy tipe nie, maar tog het sy die vermoë om Nicholas kop te laat verloor.

Bleeksiele lyk nie soos Nicholas Carter nie. Emma dink ook nie dat hulle soos hy kan soen nie. Sy het beslis nie verwag dat die man met die mooiste groen oë wat haar bene op die trap lam gesoen het, die einste Nicholas Carter is nie.

Die aantrekkingskrag tussen hulle is sterk maar beide verstaan die reperkussies as hulle daaraan toegee. Tog, tydens ‘n sakebesoek aan Kaapstad, swig hul voor die versoeking.

Terug in Pretoria kruip die realiteit egter in hul verhouding in en moet beide Emma en Nicholas ‘n keuse maak.

Hulle het net een kans. Gaan hulle die regte besluit neem of altyd die gevolge dra?

Net Een Kans (Verspeelde Kanse, 1)

SKU: 21554345656
R200,00Price
  • I'm a product detail. I'm a great place to add more information about your product such as sizing, material, care and cleaning instructions. This is also a great space to write what makes this product special and how your customers can benefit from this item.
bottom of page