top of page

Van pen tot papier: 'n Onderhoud met Malene Breytenbach



Indien jy ooit tydskrifte soos Vrouekeur en Huisgenoot lees, en soos ek gewoonlik eerste die verhale soek, dan sal jy die naam Malene Breytenbach ken. Maar Malene skryf nie net kortverhale. Sy is formidabel as jy kyk na haar ellelange lys van publikasies. Gits, sy het selfs haar eie Wiki-bladsy!


Vertel ons bietjie meer oor jouself

Skryf het al vir my ’n leefwyse geword. Toe ek begin en my werk word gepubliseer, het ek die virus gekry en nog nooit ophou skryf nie. Ek kom van Zimbabwe af en het ook in Pretoria gewoon, maar ek is sedert 1985 in Stellenbosch en verskeie van my verhale speel hier af. Ek het al nege romans en meer as 50 liefdesverhale geskryf en ek weet nie hoeveel kortverhale vir bundels en tydskrifte nie. Ek kry ’n idee vir ’n storie dan skryf ek. Sonder daardie idee en aha-oomblikke, gebeur daar niks.


Wat is die titel van jou jongste boek? Wat het jou geïnspireer om dit te skryf?

Verdiende wraak is die titel. Die geskiedenis van die Boereloorlog, en veral van die konsentrasiekampe en die hensoppers en joiners, het my geïnspireer. My roman gaan oor ’n verfynde Pretoriase vrou wat met ’n Ermelo-boer trou. Dan kom die die Boereoorlog, sy word saam met haar skoonmense na ’n konsentrasiekamp gestuur en raak betrokke by hulle (die bittereinder-Steenkamps) se bloedige na-oorlogse vete teen die joiner-Greeffs. ’n Engelsman raak op haar verlief en wil haar uit die ellende red. Verdiende wraak het in Oktober 2020 verskyn.


Hoekom het jy besluit om romanse te skryf?

Ek hou van verhale uitdink en ek skryf graag oor liefdesverhoudings. Dis tog in almal se lewens belangrik.


Het jy enige navorsing vir hierdie boek gedoen en as jy het, wat het dit behels?

Ek het baie navorsing oor die Boereoorlog, die konsentrasiekampe en die bittereinders en joiners gedoen. Ook die geskiedenis van Pretoria.


Hoe kies jy name vir jou karakters?

Die name spring nogal gou in my kop in. Ek dink net iemand sal soos ’n naam lyk.


Waar kry jy jou idees vir jou stories? Organiseer jy hulle?

Idees kry ek uit wat ek lees (ek lees gulsig en wyd), gesprekke, iets wat ek sien, hetsy in flieks of in die ware lewe. ’n Idee is soos ’n eier wat ek moet uitbroei. Dit ontwikkel bietjie vir bietjie.


Hoe lank het dit jou geneem om die boek te skryf?

Ek skat die boek het ongeveer ’n jaar geneem om te skryf, maar dit is ’n roman. Liefdesverhale neem 2 – 6 maande, afhangende van hoe besig ek is.


Wat kan ons volgende van jou verwag?

Volgende waarvan ek nou weet is ’n Romanza by Lapa Uitgewers wat in Mei 2021 sal verskyn, wat in Jerusalem en Israel afspeel.


 

Biografie

Malene en haar dogter Karen kuier in Umhlanga

Malene Breytenbach het tot ouderdom veertien in Gweru, Zimbabwe, gewoon. Sy was in die skole Cecil John Rhodes Primary en Chaplin High School. Daarna het sy na Pretoria verhuis en aan Afrikaanse Hoër Meisieskool gematrikuleer. Aan die Universiteit van Pretoria het sy die grade BA (met hoofvakke Engels en Frans) en BA(Hons) (Engels) behaal. Sy het as vertaler gewerk en is ook as beëdigde vertaler ingesweer. Sy en haar gesin het in 1985 na Stellenbosch verhuis waar sy aan Stellenbosch Universiteit die grade Hons, magister en DPhil in Joernalistiek, magister in Ou Nabye Oosterse Studie en MPhil in Antieke Studie behaal het. Sedert sy in Stellenbosch gaan woon het, het sy by die Universiteit, eers in Openbare Betrekkinge, vervolgens Kommunikasie en Stellenbosch Stigting gewerk. Tans skryf sy voltyds en skilder sy nou en dan.

Foto: Cape Librarian

Haar eerste romanse, Palmyra herleef, is in 2005 deur LAPA Uitgewers gepubliseer. Daarna het sy nege romans geskryf en sowat vyftig van haar romanses (kontemporêr, medies, histories, Romanza en Superromanza) is tot dusver deur LAPA Uitgewers en NB Uitgewers gepubliseer. Twee romanses is onder die skuilnaam Marilyn Bennett gepubliseer. Sy het ook kortverhale tot bundels soos Bloots, Skarlakenkoors, Skrik op die lyf en Hartlam bygedra en skryf gereeld kortverhale in tydskrifte soos Huisgenoot en Vrouekeur.






Volg Malene Breytenbach hier:

Web:

Sosiale media:

 

ROMANS:

· Gister is ‘n ver land, NB Uitgewers 2009

· Pluimprinse, NB Uitgewers, 2010

· Bloedgrond, NB Uitgewers, 2011

· Eenoogkoning, Naledi Uitgewers, 2012

· Kennis is mag, Rosslyn-Pers, 2013

· Yesterday is a Lost Country, Amazon, 2019, heruitgegee 2020

· The Lions and the Scavengers, Amazon, 2019, heruitgegee 2020

· Skadumagte, Lapa Uitgewers, 2020

· Verdiende wraak. Minimal Press, 2020


LIEFDESVERHALE/ROMANSES:

Omnibusse:

· Hartklop Omnibusse 1 tot 4, NB-Uitgewers, 2015, 2016, 2017, 2018

· Melodie Omnibus 3, NB-Uitgewers, 2018


Ander:

2005 – 2006:

· Palmyra Herleef (LAPA) 2005

· Huis van my hart (LAPA)

· Die geheim van Aurora (LAPA)

· Godin van die wingerd (LAPA)

· Diamante in die stof (LAPA)

· Held uit die verlede (LAPA)

· Liefste vreemdeling (LAPA)

· Verskeurde hart (LAPA)

· ’n Ster vir Stella (LAPA)

· Skat uit die see (LAPA)

· Oase van Liefde (LAPA)

· Safari na liefde (LAPA)

· Maak my hart gesond (LAPA)

· Reünie van harte (LAPA)

· Eiland van liefde (LAPA)

· Doolhof van liefde (LAPA)

· ’n Kasteel vir Moira (LAPA)

· Liefde in Venesië (LAPA)

· Intrige op Imbovali (LAPA)


2007 – 2019:

· 2007 Hoe kwesbaar die hart (NB)

· 2008 Hertog van die pampas (NB)

· 2008 Heler van skade (NB)

· 2008 In jou hande (NB)

· 2009 Tot die dood ons skei (NB)

· 2009 Roep van die woestynwind, (NB)

· 2010 Dokter sonder grense (NB)

· 2011 Dokter van ver (NB)

· 2012 Hartstog op see (NB)

· 2012 Eiland van drome (NB)

· 2013 Locum vir liefde (NB)

· 2014 Maya en die operaster, (Lapa)

· 2014 Met die oog op liefde (NB)

· 2015 My redder, my beminde (NB)

· 2016 Geheime liefde, , SuperRomanza, (Lapa)

· 2016 Lorna en die professor, (Lapa)

· 2016 Grenslose liefde, , (NB)

· 2017 Van sorg na liefde, (NB)

· 2017 Geliefde heler, (NB)

· 2017 Die Professor en die beterweter, (Lapa)

· 2018 Vlug na Santorini, (NB)

· 2018 In my drome , NB

· 2018 Sophia se beskermengel, (NB)

· 2018 My ster jou ster, (Lapa)

· 2019 Huis van geheime, Superromanza (Lapa)

· 2019 Toskane roep my hart (NB)

· 2019 Verlore skatte, SuperRomanza, (Lapa)

· 2019 Ou liefde nuwe liefde, SuperRomanza (Lapa)

· 2019 Jy maak my gelukkig, kortverhale, (Lapa)

Heruitgegee op Amazon, 2020:

· Diamante in die stof,

· Verskeurde hart

· Hertog van die pampas

· Liefde laat ’n spoor (Voorheen onder skuilnaam Marilyn Bennett)

· Hertog van die Hugenote (Voorheen onder skuilnaam Marilyn Bennett)


Kortverhale in bundels:

· Bloots, Hartlam, Skarlakenkoors, Skrik op die lyf

· Graffiti kortverhaalbundel:verhaal Die beeld, (Die bundel is geskeduleer vir publikasie in Februarie 2021)

3 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page